Media, Optredes
Bitterjakkals boei tronk gehoor tydens AG Visser tribute
Ware Wasgoedlyners is nie bang vir die donker nie. Ware Wasgoedlyners weet wat regtig saakmaak. Hulle is tasbaar, tog aanpasbaar en hoewel meeste van hulle meer roem verdien as wat hul ooit sal ontvang, is daar altyd iewers iemand wat aan hul lippe hang.
So het Jaco van der Merwe tydens ‘n optrede in Heidelberg se Ou Tronk daarin geslaag om ‘n paar mense te convert. Vir die wat dit nie gevoel het nie, was sy woorde en akkoorde nie bedoel nie, hoewel hy van die Britte se siele getroos het deur aan die einde van sy vertoning meer bekende tronkliedere wat in die buiteland hul oorsprong het te speel.
Dit was, in sy eie woorde, een van die weirdste shows wat hy nog ooit gedoen het.
Dalk het die feit dat hy sy show in scrubs begin het iets daarmee te doen. Miskien het die sprekers wat oor spoke en doodskote gepraat het hom uitgefreak.
Die liriekspoeger wat meer bekend is as die stem van Bittereinder, was die gaskunstenaar tydens die Heritage Association of South Africa se jaarlikse simposium waar daar, onder meer, ‘n ode aan die digter/dokter AG Visser gerig is.
Dat hulle daarop aangedring het dat hy ook die gaskunstenaar by die Gala ete wat die volgende aand plaasgevind het moes wees het sy verstand tebowe gegaan.
“Bra, ek dink regtig nie ek gaan ‘n match wees vir so stywe funksie nie,” was Jaco se woorde.
Organiseerder Este Galloway het hierop reageer: “Jaco is ons man vir die Gala aand. Finish en Klaar.”
Ietwat teen sy sin het hy vir ‘n tweede aand Snorcity verlaat om in Bybelberg op te tree. Die klanktoestel wat die plaaslike Hoërskool moes voorsien het nooit opgedaag nie – bang was Jaco egter nie.
Jaco het goed vir die eerste aand voorberei, maar gou besef het dat oorlede Braam Kruger (Kitchen Boy) nie ‘n grap gemaak het toe hy geskryf het dat die bloed van Bloedrivier nog diep in diè dorp se are vloei nie.
Dit was nietemin ‘n geskiedkundige optrede. Kunstig en smaaklik soos die skaap wat local legends Evert en Kraay op die spit langs die verhoog gebraai het.
Een van die hoogtepunte van die aand was ‘n voorlesing van ‘n gedig deur die uitvoerende hoof van Heidelberg Hospitaal (voormalig AG Visser Hospitaal).
Dr Masilela het verduidelik hoe Visser se gedig Amakeia (‘n voorval uit die Sesde Bantoeoorlog) hom as kind respek vir die taal en sy mense gemaak het.
Dit was ‘n besondere eer vir die dokter om aand deel te neem en dit het net weer as ‘n bewys gedien dat as daar liefde vir ‘n saak is, taal, ras en politiek nie regtig soveel saak maak nie.
In die rekordboeke van die Ou Tronk wat deur die orde vir gesneuwelde soldate instand gehou word staan daar vandag dat Jaco van Merwe Visser se gedig “Toe die wêreld nog jonk was” met die hulp van ‘n looping pedal so cool laat klink het dat selfs die geharde boere in die gehoor nie kon help om hul koppe op die maat van die beat te knik nie.
Jaco jy is ‘n yster en ek sien persoonlik daarna uit om jou episode op Die Wasgoedlyn se tweede reeks te kokenotch.
Bonita Claasen Photography
Vergeet van alles wat jou onderwysers vir jou op skool geleer het. Vergeet van die reëls wat die slim mense in hul hogere instansies uitgedink het, en bly uitdink. Vergeet ook van ‘n suiwertaal – want dit bestaan nie.
Afrikaans het nie ‘n baas nie en Churchil Naude is behoorlik gatvol vir alles en almal wat diè taal met hul konserwatiewe denkwyses versmoor.
In ‘Die Woord’ bevraagteken hy die oorsprong van die reëls en met die hulp van oudiovisuelestorieverteller Frans Borman word daar vanuit ‘n ander hoek na die taal, ons taal, gekyk.
“Daar is mense wat dink hulle besit die taal, so hierdie kan dalk as ‘n ligte aanval op die instansies wat die taal bly onderdruk gesien word,” reken Churchil wat heel in sy noppies met diè snit van sy nuwe album ‘Kroesified’ is.
Hy beoog om Kroesified vroeg volgende jaar te voltooi.
“Die manier wat mense Afrikaans in Pretoria praat is moerse anders as hie inni Kaap, so wies hulle om te bepaal hoe ek my taal moet praat?”
Churchil het onlangs ook ‘n fees gevra om hulle net so bietjie wyer te maak deur die gemeenskap van Mitchell’s Plein deel van hul 2017 program te maak.
Hulle het hom ignoreer.
Hiermee ‘n uitreksel van die brief: “In Huisgenoot se 100ste jaargang het die tydskrif daarvan melding gemaak dat sowat twee derdes van sy lesers bruin is. Organisasies soos AfriForum gebruik ook graag die feit dat daar meer bruin Afrikaanssprekendes is as ‘n debatpunt, maar stel nie soveel belang in die pleit van die meerderheid wat Afrikaans as hul huistaal beskou nie. So het ek by Cape Town International ‘n ruk gelede besef dat daar nie een bruin skrywer se boek op die plaaslike boekwinkel se rakke was nie. Daar is duisende Afrikaanse feeste, een op feitlik elke dorp, maar in min gevalle val die kollig op bruin kunstenaars. Waar is al die bruin mense op TV? Waarom hoor ek net wit stemme as ek my radio aansit? Waar is die bruin helde waarna my kinders moet opkyk?”
Maar voor jy na die video kyk, onthou egter net een ding, as jy dit nie voel nie, is dit nie vir jou bedoel nie. (musiek deur Riku Lätti)
Bekendstelling, Media
Die Woord (Nie vir sensitiewe tiewe nie)
Op Toer
‘n Normale dag op Die Wasgoedlyn?
Soos ons deur die land reis ontvang ons dikwels oproepe van organiseerders wat wil uitvind waaroor Die Wasgoedlyn gaan. Hul wil weet wat om op die verhoog te verwag asook die formaat wat gevolg gaan word.
Die eenvoudige antwoord is dat geen vertoning van Die Wasgoedlyn dieselfde is nie en dat daar iets unieks sal plaasvind.
So het ons verlede week vanuit Groot Brak die wasgoedlyn tot in Knysna gespan en hoewel daar soveel opwindende dinge gebeur het, was dit dalk ook die beste voorbeeld van hoe ‘n normale dag op Die Wasgoedlyn afspeel.
Hier is ‘n blow-by-blow van die “normale”:
Die Wasgoedlyn wil hiermee vir Cecily en Jackie van BetterLive vir hul moeite en liefde bedank. Hulle sorg dat van ons land se beste musikante in Knysna, en ander dele van die tuin roete optree. Gaan gee hul Facebook blad ‘n like.
Die Wasgoedlyn word die week in Pretoria gespan met optredes by Dowe Digters, Fanie’s Place en Cafe Barcelona.
Vir meer inligting, kyk na ons vertoningsgids.
Recent Comments