Media, Optredes
Bitterjakkals boei tronk gehoor tydens AG Visser tribute
Ware Wasgoedlyners is nie bang vir die donker nie. Ware Wasgoedlyners weet wat regtig saakmaak. Hulle is tasbaar, tog aanpasbaar en hoewel meeste van hulle meer roem verdien as wat hul ooit sal ontvang, is daar altyd iewers iemand wat aan hul lippe hang.
So het Jaco van der Merwe tydens ‘n optrede in Heidelberg se Ou Tronk daarin geslaag om ‘n paar mense te convert. Vir die wat dit nie gevoel het nie, was sy woorde en akkoorde nie bedoel nie, hoewel hy van die Britte se siele getroos het deur aan die einde van sy vertoning meer bekende tronkliedere wat in die buiteland hul oorsprong het te speel.
Dit was, in sy eie woorde, een van die weirdste shows wat hy nog ooit gedoen het.
Dalk het die feit dat hy sy show in scrubs begin het iets daarmee te doen. Miskien het die sprekers wat oor spoke en doodskote gepraat het hom uitgefreak.
Die liriekspoeger wat meer bekend is as die stem van Bittereinder, was die gaskunstenaar tydens die Heritage Association of South Africa se jaarlikse simposium waar daar, onder meer, ‘n ode aan die digter/dokter AG Visser gerig is.
Dat hulle daarop aangedring het dat hy ook die gaskunstenaar by die Gala ete wat die volgende aand plaasgevind het moes wees het sy verstand tebowe gegaan.
“Bra, ek dink regtig nie ek gaan ‘n match wees vir so stywe funksie nie,” was Jaco se woorde.
Organiseerder Este Galloway het hierop reageer: “Jaco is ons man vir die Gala aand. Finish en Klaar.”
Ietwat teen sy sin het hy vir ‘n tweede aand Snorcity verlaat om in Bybelberg op te tree. Die klanktoestel wat die plaaslike Hoërskool moes voorsien het nooit opgedaag nie – bang was Jaco egter nie.
Jaco het goed vir die eerste aand voorberei, maar gou besef het dat oorlede Braam Kruger (Kitchen Boy) nie ‘n grap gemaak het toe hy geskryf het dat die bloed van Bloedrivier nog diep in diè dorp se are vloei nie.
Dit was nietemin ‘n geskiedkundige optrede. Kunstig en smaaklik soos die skaap wat local legends Evert en Kraay op die spit langs die verhoog gebraai het.
Een van die hoogtepunte van die aand was ‘n voorlesing van ‘n gedig deur die uitvoerende hoof van Heidelberg Hospitaal (voormalig AG Visser Hospitaal).
Dr Masilela het verduidelik hoe Visser se gedig Amakeia (‘n voorval uit die Sesde Bantoeoorlog) hom as kind respek vir die taal en sy mense gemaak het.
Dit was ‘n besondere eer vir die dokter om aand deel te neem en dit het net weer as ‘n bewys gedien dat as daar liefde vir ‘n saak is, taal, ras en politiek nie regtig soveel saak maak nie.
In die rekordboeke van die Ou Tronk wat deur die orde vir gesneuwelde soldate instand gehou word staan daar vandag dat Jaco van Merwe Visser se gedig “Toe die wêreld nog jonk was” met die hulp van ‘n looping pedal so cool laat klink het dat selfs die geharde boere in die gehoor nie kon help om hul koppe op die maat van die beat te knik nie.
Jaco jy is ‘n yster en ek sien persoonlik daarna uit om jou episode op Die Wasgoedlyn se tweede reeks te kokenotch.
Bonita Claasen Photography
Comments are closed
Recent Comments