Op Toer
Die Wasgoedlyn loer in by Misty Waters Musiekfees

Dis oppad Mei toe en Misty Waters Musiekfees het die Wasgoedlyn genooi om bietjie te gaan inloer om te kyk wat alles daar gaan gebeur en om bietjie van daai gees en musiek aan die lyn te kom hang. En ons is opgewonde, want wanneer laas was ek by ‘n fees net om te gaan kyk en luister, te hoor en sien? Jarre laas, ek dink dit was nog Houtstok in die 90s. En dit was great, want ek het my hero’s daar gesien, Anton Goosen saam met die Kommissie van Ondersoek, Johannes Kerkorrel, Koos Kombuis, Live Jimi Presley, Joos Tonteldoos en die Dwarstrekkers (Paul Riekert se alt-Afrikaanse-rock band wat later Battery 9 op die been gebring het) Nico Carstens het gespeel en ek het gedink dis kwaai dat hy saam met al die rockers daar opgetree het. Die show wat uitgestaan het was KOOS. Nie Koos Kombuis nie, (met apologie aan André Letoit want hy is en sal altyd een van my gunsteling singer-songwriters bly), nee die band se naam is eenvoudig net KOOS. Ek het my vergaap aan die band, ek was nog op skool, om presies te wees, standerd 9 (dis graad elf vir die jonger genes onder ons). Ek het nog nooit van tevore sulke anargistiese punk musiek gesien nie, en dit boonop alles in Afrikaans. Ek sou meer as twee dekades later met hoofman van KOOS, Marcel van Heerden werk en steeds soos daai hopelose kind sy eie lirieke aan hom terugsing en hom vertel hoe hy my lewe verander het.
Intussen het ek talle feeste bygewoon, maar om self te gaan musiek speel en dan verander alles. Ek meen jy moet konsentreer op jou eie optrede en eers daarna as jou show afgehandel is, kan mens bietjie ontspan, en dan ontspan mens gewoonlik te veel te vinnig, want jy voel veral verlig omdat die stres rondom jou optrede verby is en die euforie daarvan is gewoonlik hoog en jy moet een of ander tyd terugkom, af, af, af al die pad aarde toe. Dis wat kunsmaak aan mens doen, hou vas, dis ‘n wille rit. En daarna, wel, daarna konsentreer ek nie meer nie, ek is gewoonlik so vasgevang in die sweer daarvan dat ek jou gewoonlik net kan vertel dat dit moerse lekker was, maar nooit in detail kan rekenskap gee van wat gebeur het nie.
Die grootste en kleinste feeste wat ek al ooit by opgetree het was altwee in die buiteland. Die Dranouter World Music Festival was by verre die grootste. Daar het ek opgetree vir die grootste gehoor nog ooit in my lewe. Maar die hoogtepunt van daardie fees was die aand toe Sinead O’Connor gesing het, toe het ek gehoor hoe dit klink as 80 000 mense saam sing: “Nothing compares to you”. Ja dit het ‘n merk op my siel gekerf. Daarteenoor is STRAB in Mosambiek die kleinste. Ek is nie honderd persent seker nie, maar ek dink daar word slegs 900 kaartjies verkoop. So dis ‘n klein fees en na die naweek ken almal omtrent mekaar. En dis by die see, en Conrad Jamneck maak seker dat net die beste musikante daar optree, so die musiek is uit die boonste rakke. Op die oomblik is STRAB my gunsteling fees.
Maar wat is die toestand van musiekfeeste in Suid-Afrika deesdae? En musiek bedoel ek bands en musikante, nie DJs en Karaoke nie. Is daar nog ‘n scene? Hoe gaan dit met Oppikoppi? Ek was so lanklaas daar. Dit was altyd ‘n hoogtepunt op die kalender. Die bands in die bosveld. Dis ‘n ervaring wat selfs in die buiteland berug is. Ek het getoer in Nederland en na optredes het mense my kom vra hoe is dit by Oppikoppi. Ek kon nie antwoord behalwe deur te sê jy moert self gaan nie, want vertel jy van die stof, die skroeiende son, die dorings onder jou tent, sal jy beswaarlik mense kan oortuig om te gaan. Maar hoe verduidelik jy aan ‘n vreemdeling dit gaan oor die gees en hoe gebruik mens slegs woorde om die magic van musiek oor te dra? Anyway, woorde daarvoor is onvoldoende, kyk liewer bietjie wat het ons laas daar aangevang op ons Wasgoedlyn Mobile Stage:
Hier in die Kaap gaan dit maar sleg met die feeste. Die beste fees, die Oesfees in Franschhoek, is dood. Daar kon jy verwag om altyd kwaliteit musiek van alle gemeenskappe te sien. Ek dink dis ook byvoorbeeld die enigste fees gewees waar groot sterre soos David Kramer en Stef Bos opgetree het met gewone mense, sangers en onbekende musiekmakers van die plase van die omgewing. By geen ander fees het ek dit ooit weer gesien hier rond nie. Die KKNK doen uitstekende werk as dit by dramaproduksies kom, maar wat musiek betref staan KKNK vir Kom Kyk Na Kak. Dis Karaoke, Kommersiële Afrikaanse Kultuur en Karen Zoid. Karen is koel, maar sal jy net vir haar al die pad Oudtshoorn to piekel? Maar moenie my woord daarvoor vat nie, ek was in die laaste paar jaar nie weer terug om te gaan kyk het of dinge verander het nie. Once or twice bitten, shy for many years, of hoe lui die gesegde? Ek sien darem Frazer Barry (van Tribal Echo) het verlede jaar ‘n Kanna gewen daar vir hul produksie “’n Lepeltjie vol snare” met oom Hannes van David Kramer se Karoo Kitaar Blues. Ek, wat al baie met Frazer gewerk het, kan persoonlik getuig dat hy een van die beste liedjieskrywers in Afrikaans is. En ek hoor Churchil Naude tree ook op by hierdie jaar se KKNK, so dit lyk darem of dinge in ‘n regte rigting beweeg. As jy daar kom en jy hoor van lekker musiek, laat my weet, ek wil graag hê dinge moet beter wees as wat dit was.
Ek hoor Up The Creek is lekker. Ek was nog nooit daar nie. Dit lyk moerse koel met al die bootjies wat dryf op die water. Ja nee, ek sal moet gaan sometime. Ek het nog altyd die Woordfees in Stellenbosch geniet, maar dis glad nie vir my ‘n fees in die festival sin van die woord nie. Eerstens is daar nie een terrein soos by Misty Waters of Oppikoppi nie. Nee, dis meer soos ‘n Woordweek in Stellenbosch, waar jy uitstekende produksies kan gaan beleef in die pragtige en gesofistikeerde lokale in Stellenbosch. No roughing it, maar ook nie die samehorigheid en solidariteit wat kom van die gemeenskaplike meemaak van ‘n rockfees soos Misty Waters nie. En dit liewe vriende, is hoekom ons so opgewonde is om te gaan kyk waat gaan aan by Lake Umuzi in Mpumalanga waar Misty Waters Music Festival gaan rock van 10 tot 12 Mei 2019. Die bestuur het ons laat weet dat almal welkom is om tot Maandag die 13de te kamp.
Die line up klink spektakulêr: Fokofpolisiekar, Albert Frost, Black Cat Bones, Taxi Violence, Tidal Waves, Basson Laubscher and the Violent Free Peace het ek al baie gesien en kan ek aanbeveel om te gaan uitcheck. Kyk byvoorbeeld Albert Frost wat die SAMA gewen het vir die beste Rock album verlede jaar. Vir hom het ek ewige respek. Hy het saam met my Smoorverlief Oppikoppi gedoen in 2009. En jare later het hy by Wasgoedlyn Backsberg, toe my guitar-amp halfpad in die show die gees gee, die hele show op sy eie gedra, sonder dat enige iemand eers geweet het dat iets gebeur het. Ons het met hom gaan gesels om te hoor waar dit alles begin het en hy het ongelooflike kennis van SA se musiekgeskiedenis, wat hy met ons gedeel het. Hier is ‘n klein uittrekseltjie van daardie samewerking:
Wat kan mens sê oor Fokofpolisiekar wat almal nie alreeds weet nie? Hulle is die GROOTSTE Afrikaanse band in Suid-Afrika, hulle praat vir hulself. Taxi Violence het ek vir die eerste keer gesien in ‘n gepakte venue in Johannesburg en hulle het die plek omgedolwe met hul mal energieke ruk en rol. En dan is hulle doodeenvoudig die aangenaamste siele wat jy kan ontmoet. Basson Laubscher is fenominaal. Hy het gespeel in Zinkplaat, ‘n Afrikaanse band wat ek verskriklik baie lief het. Sy nuwe stuff met die Violent Free Peace showcase, sy next level guitaring. Uitstekend. Dan die Black Cat Bones, ai, wat sê mens oor die Bones, weet julle dat hulle jaarliks kos en geld insamel vir ‘n weeshuis in Mosambiek? Rockers met harte. Ons het ook gaan inloer by Kobus de Kock Jnr. Kom ons praat liewer nie, kom ons luister eerder bietjie hier waar hy hartroerend gestroop sing:
Tidal Waves verdien ‘n plek in SA se reggae hall of fame en luister jy na “Lekker lekker dans” sal jy verstaan as hul voorsanger, Jakob, sê: “Die wat nie kan Afrikaans praat, hy moet nou loop jong”. Tidal Waves beteken partytjie. Tidal Waves alleen is genoeg rede om na Misty Waters toe te gaan.
Dan is daar ‘n hele lys bands waaroor ek nou eers my huiswerk moet gaan doen waarna ek uitsien om te hoor by Misty Water, ek noem maar net (jy ken hulle tien teen een beter as ek, laat my gerus maar weet). Ek luister op hierdie oomblik na Wolfgang Marrow, en dis musiek met passie, lekker guitaring en sielvolle manlike en vroulike sang, sien uit om dit op die verhoog te sien. Tjek dit bietjie:
Dan is daar Don’t poke the bear, FlØris, Adele Nqeto met ‘n pragtige stem, Zebra, Raygun Royale, Hellcats.
Maar wie ek graag volgende op die Wasgoedlyn wil sien is Sean Koch, luister bietjie hier en kyk na hierdie incredible video:
Ek het nog nie naastenby by almal uitgekom nie, oe, dit gaan sielsverrykend lekker wees. Kom soek ons bietjie op by Misty Waters by Lake Umuzi in Mpumalanga 10 – 12 Mei.
Vir meer info oor kaartjies, verblyf, bands etc gaan na: https://mistywaters.lakeumuzi.co.za/
Op Toer
Die Koning van Boesmansriviermond
By Boesmansriviermond was dit kinderspeletjies
So bietjie meer as 120km noord van Port Elizabeth vind jy Boesmansriviermond, waar gasvryheid en langarm niks vreemds is nie.
Hier het Die Wasgoedlyn saam met Jacques de Coning, eienaar van Bushman’s Bar and Grill so bietjie musiek gemaak en twak gepraat.
Die uitsig van hul stoep af is ook nie te versmaai nie.
Regs voor die kroeg, so paar meter voor die ingang sit Pierre. Pierre groet met die linkerhand want hy het so paar jaar gelede sy regter in ‘n fratsongeluk verloor.
Van die gaste sluit in Springbok spandokter Dr Conrad von Hagen en sy gesin.
Riku besluit daar en dan om ‘n paar snitte van sy album Janneman in die Diereryk te speel. Vir die kinders.
By Boesmansriviermond is nie net die dorp se naam ‘n mondvol nie. Die De Conings maak ook ‘n burger wat diè kenner daartoe gedryf het om daaroor te moet skryf.
Grote is nie alles nie. Die geheim lê natuurlik in die patty. Ons leer later dit is ‘n De Coning resep.
Vir die familie wat in BBG’s kuier sorg Jacques dat daar aan elke versoek voldoen word as hy saam met Riku, wat vir ‘n slag die baskitaar tokkel, op die verhoog klim.
Op die dromme is daar ‘n man met die naam Fernando.
“Yes we could hear the drums Fernando, dit was baie cool,” vertel Riku,

*Die Wasgoedlyn bedank graag die personeel by BBGs en veral Jacques de Coning wat sy huis, hart en pragtige kuierplek aan Die Wasgoedlyn gehang het.
*Die Wasgoedlyn word die naweek in Pretoria gespan. Vir meer inligting, kyk na ons vertoningsgids.
Op Toer
‘n Normale dag op Die Wasgoedlyn?
Soos ons deur die land reis ontvang ons dikwels oproepe van organiseerders wat wil uitvind waaroor Die Wasgoedlyn gaan. Hul wil weet wat om op die verhoog te verwag asook die formaat wat gevolg gaan word.
Die eenvoudige antwoord is dat geen vertoning van Die Wasgoedlyn dieselfde is nie en dat daar iets unieks sal plaasvind.
So het ons verlede week vanuit Groot Brak die wasgoedlyn tot in Knysna gespan en hoewel daar soveel opwindende dinge gebeur het, was dit dalk ook die beste voorbeeld van hoe ‘n normale dag op Die Wasgoedlyn afspeel.
Hier is ‘n blow-by-blow van die “normale”:
Die Wasgoedlyn wil hiermee vir Cecily en Jackie van BetterLive vir hul moeite en liefde bedank. Hulle sorg dat van ons land se beste musikante in Knysna, en ander dele van die tuin roete optree. Gaan gee hul Facebook blad ‘n like.
Die Wasgoedlyn word die week in Pretoria gespan met optredes by Dowe Digters, Fanie’s Place en Cafe Barcelona.
Vir meer inligting, kyk na ons vertoningsgids.
Op Toer
Kruger/Kersfeesvader op Die Wasgoedlyn
Sinterklaas gee na bewering elke jaar vir elke kind in die wêreld ‘n geskenk, maar nie elke kind verdien ‘n prezzie nie.
So het Stef Kruger oor die afgelope 40-plus talle geskenke aan Afrikaanssprekendes uitgedeel. Dalk te veel. Sy woorde het kunstenaars soos Dozi op die map geplaas en daardie selfde woorde het tot ‘n groot mate ‘n sin van eenvormigheid in ‘n andersins gesplete musiekwêreld tot stand gebring.
Dinsdag het Stef sy wonderwoorde aan Die Wasgoedlyn by Black Vanilla in Groot Brak gehang en ook bewys dat daar wel ‘n kunstenaar is wat met ‘n meer belaglike broek as die een wat Riku Lätti gewoonlik dra, op ‘n verhoog te verskyn.
Riku het sy pienk nommertjie by die huis vergeet, hy pak die #SpanDieLyne toer met so ‘n nuwe zef jeanpant aan.
Buiten ‘n legendariese komponis is Stef ook ‘n grapgat. Hy belowe egter tong-in-kies dat sy stories op ware verhale baseer is, hoewel die waarheid in sy musiek aansienlik meer vir die verbeelding laat.
Sy liedjies het, en bly steeds, die musikale verwysingsraamwerk in ons land verander. Het ons al die woord legende genoeg gebruik?

Stef het tydens die optrede – wat ook ‘n mode-parade ingesluit het – nie een snit van ‘n ander kuntenaar gespeel nie.
Ek speel nie covers nie so dit was vir my lekker om vir ‘n slag musikante soos Riku en Petronel se musiek te speel, of te probeer speel, wys Stef sy beskeie deel.
Tog, vir diegene wat hom dalk vir die eerste keer teekom kon dit netsowel ‘n Afrikaanse treffers show gewees het.
Ons is almal grassade my kind. – Stef Kruger
Riku het natuurlik binne etlike minute met die trekklavier ingeval terwyl die Suid-Kaap se dame van klawers en harte, Petronel Baard, ook nie die geleentheid om saam met die legend te speel misgeloop het nie.
Petronel is nou amptelik ‘n dame. Sy het onlangs die naughty 40s betree en verkies om onder geen omstandighede in Johannesburg spitsverkeer agter die stuur te wees nie.
Sy het ook reeds genoeg bergpasse met haar groen karretjie trotseer en sy ken feitlik elke kinkel op die pad tussen Kaapstad en Pretoria.
Soos dit ‘n goeie dame betaam geniet sy ook per geleentheid ‘n glasie wyn en met Du Toitskloof wat hul druiwe op Die Wasgoedlyn gehang het, kon sy saam met Riku, Jackie, Johan Smit en Bamboesina van die See ‘n onvergeetlike skemerkelkie voor die vertoning geniet het.
Riku: “Ons wil hiermee DuToitsKloof, Bernard Kotze in besonder, vir hul bydrae tot die sukses van ons toer bedank.
“Hierdie wêreld-eerste Pikke-pikkewyntoer met Pinotage Merlot Ruby Cabernet gaan goed af met ‘n vuurtjie en warm geselskap met vriende.
“Kyk uit vir die Wasgoedlyn, ons is tien teen een al oppad na jou dorp toe. Kom hang aan die lyn, 11 Augustus om 20h30 op kykNET NOU! op DSTV kanaal 146”
Petronel se stem is net eenvoudig een van daardie dinge wat mens in jou leeftyd moet ervaar. Om daaroor te skryf is sinneloos.
En soos dit nou maar by enige Wasgoedlyn samekoms gebeur, het sy ook haar eie stempel op van haar mede-kunstenaars se liedere afgedruk.
“Petronel is van ons kerk se mense. En dit wat sy hier in Groot Brak doen is fantasties vir Afrikaans en musiek.”
Petronel bied elke ander week ‘n sogenaamde Oermoer byeenkoms aan waar daar om ‘n vuur of in ‘n park, koffiewinkel of iewers in ‘n wonderskoon Suid-Kaape tuinmusiek gemaak word.
“Elke Oermoer, seker nes elke Wasgoedlyn-vertoning, is anders,” verduidelik Petronel.
“Die een aspek wat egter nooit verskil nie is die gees by ‘n Oermoer. Almal bring ‘n dis en daar word gedeel en gesels en musikante word die geleentheid gebied om dit wat hul geniet te doen vir mense wat ‘n regte waardering vir musiek het.”
DIE #SPANDIELYNE TOER IS MET TROTS GEBORG DEUR

Bekendstelling, Op Toer
Magiese afskop vir die Wasgoedlyn

Daar is ‘n pragtige lied deur Arlo Guthrie “Alice’s restaurant” waar die geselskap ter sprake meer as een keer ‘n “thanksgiving dinner” ervaar “that couldn’t be beat. Hierdie aand was ‘n verhaal van ‘n konsert that couldn’t be beat.
Vroeër vanjaar het die Wasgoedlyn die voorreg gehad om by US Woordfees en Solms Delta Oesfees met die Klein Libertasteaterkoor (KLTK) op te tree.
Verskeie ontmoetings met die koor later het in vriendskappe ontaard en selfs die herdoping van die KLTK na die Churchil Naude-Koor toe. Sien dié spesifieke rymkletser van Mitchell’s Plain is nie soos die deursnit rapper wat met sy DJ en ‘n paar backtracks opdaag en selfverheerlikende rympies uitspoeg en “sy eie naam roep dat dit weerklink” nie.
Nee, Churchil Naude voel tuis wanneer daar ‘n hele span musikante om hom speel en almal gelyk en lewendig musiek maak waaroor hy dan sy digterlike woorde inbed. En sy woorde is fantasties, dit begin almal nou al weet. Gaan google bietjie wat sê Koos Kombuis oor Churchil Naude.
Die voordurende vriendskaps/werksverhouding tussen die KLTK en Die Wasgoedlyn het beteken dat toe daar sprake was van ‘n huiskonsert met Churchil Naude, Riku en Jackie Lätti en die alombeminde Gert Vlok Nel, was daar net vir omtrent net een dag lank kaartjies beskikbaar. Dolla, die konsert se gasvrou, het spesiaal moes plek maak op haar balkon om mense wat nie kon wegbly nie, ook te akkommodeer.
Gaste is met die soet klanke van Bacchus Nel se nuutse plaat in die agtergrond verwelkom waarna Riku en Jackie, met die hulp van kontrabaskoning Johan Smit, harte warm gemaak het.

Tydens die konsert het Riku ‘n hele paar nuwe liedjies (wat binnekort op CD vrygestel word) vir die eerste keer voor ‘n gehoor opgevoer. Dit was weereens ‘n bewys van die talent en veelsydigheid wat Riku in ‘n klas van sy eie sit.
Vir ‘n voorsmakie van die nuwe album, luister gerus hierna:
Dalk was dit die vonkelwyn, of dalk die watertand tamatiesop, maar teen die tyd wat dit Gert se beurt was om musiek te maak was almal teenwoordig in ‘n besondere goeie gees.
Oudergewoonte is daar ‘n traan of twee tydens diè legende se optrede gestort.
Met Louis Awerbuck, Johan en Riku wat onderskeidelik met mondfluitjie, kontrabas en trekklavier Gert ondersteun het, was dit beslis nie net beautiful in Beaufort Wes nie.
Later het die oomblik waarvoor soveel van die Churchil Naude-Koor lede gewag het aangebreek.
Churchil was spreekwoordelik stomgeslaan toe hy weereens besef het hoe groot impak sy woorde op diè groep mense uit ‘n ander lewensbaan gemaak het.
Die feit dat enige iemand my lirieke terug rap saam met my is fantasties. Ek het nooit gedink ‘n klomp wit tannies van Stellenbosch sou my musiek so goed ken nie. Dis befok.
Die kletsrymer is ‘n wasgoedlyner van formaat en het kort na sy optrede Riku en Jackie bedank vir die bydrae wat hul reeds tot sy loopbaan gemaak het.
Dit is deur die Wasgoedlyn dat ek nou my album uit het –dit is ‘n befokte initiatief wat Riku begin het en die feit dat dit van die hart af kom, en jy kan sien dit kom van die hart af, is die rede waarom ek deel is daarvan.
Die Wasgoedlyn word vandag, 19 Julie, tussen Strand en Groot Brak gespan waar Petronel Baard en Stef Kruger by Black Vanilla vir nog soet klanke sal sorg.

Op Toer
Span die lyne – Landswye toer
Die Wasgoedlyn – Span die lyne toer het sopas begin! ‘n Toer wat strek oor die hele land in opgewondenheid oor die Die Wasgoedlyn TV reeks wat vanaf 11 Augustus Donderdag aand om 20h30 op kykNET Nou! begin wys.
Missie: Die Wasgoedlyn gelei deur Jackie en Riku Lätti, onderneem om stadig van die Kaap tot by Oppikoppi, deur die land te reis met heelwat stoppe op interessante plekke om konserte met verskeie nuwe en talle oues, te hou.
Sien die land. Vliegtuie het ons die geleentheid gegee om ver te reis sonder om te weet hoe die land lyk.
Ontdek nuwe talent. Die Wasgoedlyn is opsoek na skeppende kunstenaars om mee te werk op die tweede reeks van Die Wasgoedlyn TV program.
Hou uitmuntende konserte oral waar ons hang. Inspireer mense en jy skep ‘n gesonde borrelende gemeenskap van skeppers wat hou daarvan om die siele van mense te roer (ons is almal beter af as ons die beste uit onse mense te voorskyn bring).
Dra iets by. Skep iets nuuts. Ons nooi almal wat ons teëkom om hul skatte in ‘n gemeenskaplike skatkis te plaas waarvan ons almal die vrugte kan geniet.
Ervaar iets besonders in jou eie leeftyd.

Toer datums vir Julie
- 19 Julie – Black Vanilla (Groot Brak)
- 20 Julie – Amuse Fusion Food (Knysna)
- 22 Julie – Port Elizabeth (Jan de Koning)
- 23 Julie – Dewetsdorp
- 24 Julie – Rosendal
- 28 Julie – Dowe Digters (Pretoria)
- 29 Julie – Fanie’s Place
- 30 Julie – The Good Luck Bar
- 30 Julie – Cafe Barcelona
- 31 Julie – Pretoria (huiskonsert)
Volg gerus die #SpanDieLyne toer op twitter, facebook en instagram.
Die #SpanDieLyne toer is met trots geborg deur

Related show
Op Toer
Op die Mieliepoptoer met Wasgoedlyn
Dag 1 en Jackie M vat die stuur sometime na Worcester en die uwe dink hy kan gou-gou ‘n joernaalinskrywing maak, want wat die laaste 24 uur gebeur het is te mal om te wil vergeet, maar gegewe die spoed waarteen dinge beweeg sal gegewens maklik deur die krake die niet in verdwyn, daarom dan hierdie joernaal. Ek wou beriggewing doen oor die asembenewende snelheide wat kan bereik word in ‘n voertuig as Jackie M agter die stuur is, maar toe ek opkyk is ons agter ‘n Tazz vasgekeer teen 40km/h deur Lainsburg.
“Tekens” is die eerste woord die oggend van die ontwakende Jackie M in die donker huis in St. Rand. Dis kwart oor drie die oggend. Die eerste van die twee olifante in die kamer is die elektrisiteit wat gistraand so net na elf afgegaan het. Ons het vergeet om Eskom te koop. Die meter sit in ‘n kas in die kombuis. Dis maklik om van iets te vergeet as dit jou nie in die oog staar elke oggend nie. Die tweede teken is die fokkol geld in ons bankrekening en die belofte van inbetaling wat nie verskyn nie. Moet ons ry, moet ons nie? As ons ry there would be trouble, if we stay it would be double. Ons moet ry. Ons is op.
Ek maak Les J se leë bed wakker. Die voordeur is oop. Hy kom van buite af in uit die donker na die kontrasterende donkerte van binne. “Loit kan die sleutels nie vind nie.” Hy is vasgekeer in die cottage. Sleutels soek in daglig is iets wat ek al soveel keer meegemaak het dat ek patente gekonsetualiseer het vir sleutelopspoor gadgets. Tel nou nog die duisternis by en die feit dat my patent nog nie prototipe het nie en ons sit met ‘n derde teken.
Kitare, trekklaviere, tromme en kak word als in ons rooivlamwa gelaai. Uitendelik maak Loit S sy verskyning.
“Hoe lykkit?” vra ek.
“Dit lyk na niks in die donkerte, ehêh,” kom die lag van Loit se kant af.
…
Ons laai vir Ruben S in Helderview in die skemerte voor daglig. Ons slat die groot pad met garage pies en koffie en die eerste lat so bietjie diekant van Worcester by ‘n stop and go. Alles voel stop and go. Expect 10 minutes delay at every instance. Maar daais eintlik alles in jou kop, want die natural flow van alles skep die illusie van stilstand so tussen die beweging, wanner in der waarheid alles pretty damn vinnig aanstap. Het ek genoem dat Jackie M nogal fokkof? Ons pyl op Beaufort-Wes af en ek dink aan die Kaptein G wat so amper ‘n arm laat draai het om in te klim, maar wie se awersie vir Gauteng my uit meegevoel sy arm sonder verdere insident aan hom terugbesorg het.
Ons is werklik op pad. Geen omdraai nou meer nie en ek wonder hoe lekker word Rian M nou wakker met die wete dat ons mik om sy wêreld in groot getalle binne te val, kop tot toon bewapen met allerlei instrumente en geen benul wat ons gaan speel nie. Al wat ons weet is Donderdagaand sien die Wasgoedlyn se afskopvertoning in the Room, Stanley 44, Jhb, Suid-Afrika, Afrika, Planeet Aarde, hierdie melkweg, hierdie heelal. Ek het ook nog nie werklik bevestig wie almal daar gaan wees nie. Piet B het genoem hy maak ‘n draai. Bacchus sê hy kom met Rynier Ersnt Julius Prins en Marissa W. Dan Loit, Les, Jackie M en die uwe… Dit maak eintlik nie saak wie kom nie, wat ons gaan speel nie, dit gaan net fokken awesome wees.
…
Dis na nege. Ek gaan loer of ek nie iets kan wyser raak oor die oplossing van Teken 2 nie. Bel vir Coenraad S. Hoor wat hy sê. Hoop vir bucks voor Colesberg. Hy antwoord nie. Dis net-net na nege. Hy is ‘n organiser van ‘n rock fees, die bra slaap seker steeds. Ons ry voort op ‘n huilmêrrie. Leeugamka. Loit sal jou sê “gam” is die Khoi woord vir leeu in anycase. Toutologie dus. Ons ry oor die leeu rivier by leeuleeu. En Jackie M mompel: “Daar is niks wat my so grief soos ‘n spoedgrens nie.” Jackie se sinne verkort deur die weglating van vloekwoorde. “Speel daar vir ons die insekte, Michael Jackson, enige iets.” Vroetel-vroetel met ‘n nukkerige frontloader CD player wat die Beatles weier. Michael word aanvaar, ironies nogal iets wat nie in sy eie leeftyd gebeur het nie. “Daarsy!” begin die Jackie haar Jackson “hie-hiees”. Tussen songs vra sy: “Antwoord daai dude nie sy foon nie?” Ek skud my kop en sy “Billy Jean… not my lover… the kid is not my son… hie-hie-hiee.”
anyway ek moet ry, chat later…
Op Toer
Dag 6 Deel 2: Showtime
Ons bestorm daai stage soos ‘n honger skoolrugbyspan ‘n skinkbord lemoene in halftyd. Les plak heel regs. Dis waar jy hom sal kry. Ver regs. Dis hoekom die boere sy musiek so baie like. Langs hom kap Loit vir hom so plekkie uit. Dan positioneer Lochner homself en langs hom Rian M. Tussen my en Rian M is Jackie M, net waar sy wil wees as ons begin speel. Maar meer daaroor later, kom ons bly by die musiek vir nou. Aan my ander kant gaan staan die sexy Lanimybru en ek voel soos ‘n ster omring deur sex appeal en goeie muso’s.
Wat soek ek nou weer? O ja, die sound guys was excellent, sodra die man sy plek gekry het was daar iemand by wat wou weet: wat soek jy bra? Mics? Kabels, alles? Want ons het alles. Agter op die tromme skuif Bradley C in en Ruben is so chuffed want hy gaan speel op Uriah Heep se keyboard met hulle setlist van laasnag op die keys vasgeplak. Moerse chuffed, check die foto’s… in sy noppies.
Daar is nie juis sprake van soundcheck nie, ons is betyds, maar nie vroeg nie, ons val weg met Hoofstroom. Dis ons eerste nommer en sommer ons soundcheck song ook, want almal speel iets op die track. My kitaar werk. Ek speel die eerste paar note. Dan hoor ek van my regterkant Les se mic werk. Sy heilige mondfluitjie in D kom oor die klanksisteem en ek sien hoe die mense begin omdraai en opkyk. Dan hoor ek Bradley stadig bykom met die beat. Het ek genoem dat ons glad nie ‘n rehearsal met hierdie groep saam gehad vir hierdie show nie? Maar dis hoekom Bradley daar is, want hy vat ‘n sekonde om te hoor waantoe die song moet gaan en dan vat hy jou soentoe. Dan kom Pete by, solid op D, die band spring weg, ek sing en skielik is ek nie alleen nie:
hoofstroom, verbode rivier
word meer as ‘n mens
‘n heilige dier
Lanimybru en Jackie M dra my met engele stemme. Ons is onderweg. Hoofstroom smelt in Oom Ben van Les Javan in. Les vertel my die song is ‘n verwerking van ‘n ellelange song van iemand anders, maar hoe dit ook al sy, dis vir my een van die all time great songs daai:
Ek droom vanaand van oorle Ben
o, ek droom vanaand van oorle Ben
in die donker hom hy aan my rem
Ek deel my hart in drie
o, ek deel my hart in drie
maar in duisend stukke nie
Een na die ander sing die manne op die stage die mooiste songs en ek smile al die pad hier stilletjies binne my hart.
Loit speel so eksentrieke stuk goema chant vibe, wat noem mens dit Loit? Lochner speel ‘n song “die muur” van sy nuwe album:
te lank geleef om bang te wees
vir een of ander spook of gees
te veel geleef om te versoen
met boetes wat ek steeds moet doen
geen mites rites en dies meer
geen lesse om te leer
vergeelde wense teen die muur
verlore tyd kom weer
Dan kom die Wasgoedlyn Manifesto…. Hou so ogie op hierdie blad, want dit sal met tyd hier gepubliseer word.
Dan meneer Malan met Jezebel:
Selfde mense, selfde bar
jy stap in, almal sê siedaar
ek wys niks, speel dit koel
niemand kan sien hoe ek werklik voel…
Jezebel, emancipate me from your spell…
(gaan kry die res van www.tunelink.co.za)
Ons val weg met Human:
I heard from the mountain some people were singing
the old man was crying his children are dying
from the mountain top I heard them sing
like a million voices all into one:
Human,
we are Human…
Die eerste set eindig met ‘n musikale orgasme as die hele band in 6de rat inskop en laat spat. As jy so ‘n hoogte bereik het, dan is daar nie meer plek boontoe nie. Dis wanneer ek almal van die stage afjaag en Bacchus Nel opstuur, net hy en Marissa. Hulle maak mooi, die res van die band kyk van die kant van die verhoog hoe Bacchus die vaandel dra. Dan een een dik sy groep aan. Bradley gaan op, ondersteuning op die tromme en Pete op bass by. Dan kom Les en ekke en Lochner en die band word so bietjies bietjies groter. Tot op die ou end almal weer op die verhoog is en met voller borste almal gelate:
Hei hei hei hei Lucy
Ek wens jy wil nog een keer vir my dans
Partytjie! Tweede musikale orgasme.
Dan begin alles weer van voor af. Almal van die verhoog af. Almal behalwe Les Javan. Hy begin met ‘n solo stuk net om vir die mense te wys dat hy weet watter kant van die kitaar om vas te hou. Vir sy tweede nommer speel hy ‘n stuk met Greg Georgiades, Urpha. Awesome!
Dan stukkie vir stukkie kom die manne weer by en kort daarna: die derde musikale orgasme. Dit kook. Greg gooi daai vreemde solos. Bradley sit soos yster, Pete gooi ‘n swing in die mix en dit ruk mal. Na die maniese Vallei gebeur al die wonderwerk. Nie gedink ons sal weer daardie hoogtes bereik nie, maar ons het. En toe, hoe maak mens nou, ons bo teen die dak? Toe maak die hemele oop met Sarah, Icon, van Loit. Dis asof God haarself na die partytjie toe genooi het begin die reën saggies val. Ons is geraak.
Uitasem, sal hier breek. Dit was heilig, daar is niks meer om te sê nie.
(Onthou as jy nog nie jou Wasgoedlyn volume 1 se tunes gaan download het by http://tunelink.co.za nie, waarvoor wag u? Four Vark Steaks!)
Op Toer
Dag 6 Deel 1: Showtime
Daar is min wat soveel onmin saai soos ‘n foon wat met verkeerde tyd rondloop. Volgens my berekeninge sal als glad verloop as ons Johannesburg 8 uur die oggend verlaat. Dit beteken 10 uur in Ermelo give or take a coffee break. Dit beteken minstens ‘n uurtjie of wat vir piepie, rondkyk en soundcheck. Dit beteken 6 uur opstaan. 7 uur in die kar wegry van Natasha se huis om al die manne op te laai almal versprei oor Johannesburg soos marshmallows in ‘n boks Rice Krispies.
Met die wakkerword is die eerste teken van tyd die helder lig wat deur die kamervenster val. Die tweede was ‘n alarm. Was daar ‘n alarm? Oe, ek weet nie meer nie, ek sal ‘n swak getuie in die hof maak. Die derde was ‘n foon wat sê 06:16. Ah, nie te laat nie, dog ek, nou moet ek net die manne almal wakker kry. Loit slaap oorkant die gang. Maklik genoeg, ek klop aan die deur. Hy sê hy is al lankal wakker, sit regop in die bed. Les en Melissa is by De Waal se huis in Melville aan die ander kant van die swart rivier genaamd Empire. Rian is in Emmerentia slash Greenside. Lochner naby De Waal in Melville. Pete, wie weet waar bly Pete. Rian weet. Egbert bly in Springs oppad Ermelo toe naby die N17. Dis dan maklik, roete uitgewerk: Loit, Les, Lochner, Rian, Pete, Egbert, Ermelo en dan soek ons die fees. Daar sal genoeg tyd wees.
Skok een. Die donnerse foon het gelieg. Dis al na 7. Fok weet.
Skok twee, rys is skaars – hongersnood imminent. Ek en Jackie M sit al lankal in die vlamwa en wag op die donnerse Loit wat al lank voor ons wakker is en ons nou laat wag. Vir wat wag ons nou weer? Ek en Jackie M kyk vir mekaar, sê nie ‘n woord nie, maar ons beide se kyke gesels lang sinne vol vloekwoorde…
Ek klim uit die vlamwa wat nou al geruime tyd lank luier en vind Loit in die kombuis besig om te gesels met Florrie. “Loit, ons is laat, wag net vir jou!”
“Ek soek rys, hulle het nie rys nie, jy weet, rys vir my shaker.” Loit maak shakers uit pille blikkies/boksies/botteltjies. Nou vra ek saggies vir myself: wat help vroeg wakker wees as jy ons in elk geval laat gaan maak?
Loit in. Les en Melissa opgelaai, in. Lochner, op en in. Rian opgelaai en in. Op pad na Pete se huis vra Rian: “You know where’s Sylvia’s Pass?” Ons kry Pete se huis maklik genoeg, klim op die snelweg oppad Springs toe, vang so bietjie spoed, maar ons is laat. Dan draai ek af en Rian raak nervous: “We don’t have any time for detours, Riku.” Ek verseker hom ons gaan nie detour nie, ons gaan net naby Egbert se huis petrol ingooi en, terwyl ons nou daar is, hom sommer net oplaai.
Kry vir Egbert by ‘n Engen naby sy huis. Hy besluit hy ry met sy eie kar. Lochner klim by hom, want nou kan hulle lekker rook, want in Egbert se kar word lekker gerook. Jackie M is ook by Egbert in. Dit was Egbert se besluit vertel Jackie M.
Ons vat die grootpad met ‘n vetspoed, bietjie onwettige snelhede maar nou ja, ek sal ‘n swak hofgetuie maak het ek mos al gesê. “Sorry, your officer, I’ve got this holy fear of needles, so I hardly looked where it was!” That’s my story.
Ry deur Ermelo en ek vertel weer Johannes se grappie oor Ermelo (vergeet miskien? Lees dag 1). Dan raak ons bietjie onseker. Buite Ermelo vat ons die pad Lothair toe, maar Bacchus bel en vertel van ‘n ander pad. Ons stop en wag. Draai om. Draai weer terug en kry uiteindelik die eerste tekens van Mieliepop reg by die ingang van die fees. “Wat van ‘n paar Mieliepopfees-bordjies van Ermelo af ouens? Of is julle bang mense kom op julle af?” dog ek sag vir myself.
Ons slat daai grondpad deur die hekke op pad fees toe, by die hek vertel ons ons moet oor 10 minute op stage wees. Hulle draai nie doekies om nie, gee ons ons VIP bangles en whathaveyous daar en dan. Ons jaag verhoog toe, klim op ‘n verkeerde paadjie (swak gemerk ouens), ry deur ‘n kampterrein, sien die stage van ver af, ja ons sal ‘n ander pad moet van om oor die rivier te kom. Ons wikkel deur klippe en graspolle, klim op ‘n pad wat die rivier oorsteek, ry by ‘n verbode ingang in tussen al die mense deur en stop reg langs die stage presies 5 minute voor twaalf. Ons is nie fokken laat nie! Puik Timing. Ek’s sommer trots op almal.
Almal spring uit die kar uit en dra instrumente stage toe. Dirk Ace is op stage, hy vertel hy dog ons gannie kommie, al klaar besig om ‘n ander band te organize, maar hier’s ons nou so let the games begin!
…word vervolg….
Onthou as jy nog nie jou Wasgoedlyn volume 1 se tunes gaan download het by http://tunelink.co.za nie, dan moet ons maar vra, wat de fok is fout met jou? Dis koel tunes bra!
Op Toer
Dag 5 (ek dink, oe ek raak so deurmekaar): Wasgoedlyn doen Janneman in die Diereryk
Natasha se huis. Ons staan laat op. Hoe anders, uitgeput van die vorige dae en nagte se doene en late. Saterdag. ‘n Dag af. Ons gaan rugby kyk en fokkol doen. O, wag so bietjie, nou onthou ek, iemand het ‘n belofte gemaak dat ons Janneman in die Diereryk vir ons vriende se kinders gaan opvoer. Sommer in Natasha se huis. Ai, wanne het wie gedink dis ‘n goeie idee? Daai iemand was seker weer ek. Ek herinner myself daaraan dat ek iewers die wyse raad gelees het wat sê moenie besluite maak wanneer jy kwaad is nie en moenie beloftes maak wanneer jy happy is nie. Nou onthou ek, dit was in ‘n kring buitekant die venue waar ons gespeel het, wat ek dink daar toe besluit is dat dit ‘n goeie idee sou wees om vir die kinders ‘n show te reël. Mmmh, advies se waarde word altyd eers waardeer wanneer jy dit nie gevat het nie.
Sjoe, ek’s lekker moeg wetie of ek kans sien vir hierdie spulletjie nie, maar gelukkig kon ek nie lank daaroor tob nie, want toe ek my voete vind is die tafel in die eetkamer uitgedra en die kussings op die vloer gegooi. Plek reggemaak vir klompie woelige kinders wat nou enige oomblik sou opdaag. Ai, ek slaan my oë op na Natasha se medisynekas. Waar sal my energie vandaan kom?
Hoedens en kleuvolle hemde word aangedra. Ons lyk soos ‘n sigeunersirkus toe Natasha met ons klaar is. Daar is iets omtrent ‘n kostuum of ‘n masker wat jou metamorfeer. Skielik is jy iemand anders en nie meer so tam en boring soos die persoon wat jy eens was nie.
Ek het hoeveel duisend vertonings al gelewer en ek kan met alle eerlikheid erken, ek raak nie meer bang of senuwee-agtig voor ‘n vertoning nie. Dis nou tot ek begin het met die kindershows. Ag jinne, kinne. Dis nou ‘n ander tipe druk daai. Die oë van die kleinspan wat jou stip aanstaar en sê: “wel hier is ek nou, entertain me.” Dis wanne mens begin twyfel en van voor af wonder: “is ek regtig goed genoeg?” Maar daai twyfel verdwyn so met die slaan van die eerste noot, want dan is daar nie meer tyd vir twyfel of weifel nie. Dan is daar net die oomblik self. En die oomblik verlang ‘n daad. En doen moet jy doen. Daar gat ons al weer. Voor al die gesiggies op die banke, op die kussings op die vloer en weggesteek buite val ons weg:
As jy deur die land wil ry
kom ons gaan nou na die stasie toe
en wanneer jy op die platform staan
langs die grootste trein wat ooit bestaan
klim op in sy lang vet lyf
jy kom ons gaan nou na die stasie toe
Ek is ‘n stoomtrein
‘n stoom-stoomtrein
met die rook wat bo verskyn
Ek’s ‘n baie ou masjien
‘n dekade of tien
het ek hier langs rondgery
Daar vertrek Janneman op sy reis deur die oerwoud en vat al wat kind is saam. Sjoe kindershows wil gedoen word. Dit bly die beste oefening vir ‘n middeljarige musikant. Natgesweet. Loit sit in op perkussie en Les gooi so paar lekker note op kitaar. Jackie M hou die kleinspan aan die gang. Kry hulle om te dans en te sing en op te spring en rond te hol. Sy’s superenergiek vir ‘n ouma. Maar dan is sy ‘n superjong ouma. Hoe gebeur sulke goed? Sal ons dit los vir ‘n dag wanneer ons nie besig is met ‘n kindervertoning nie?
Janneman se laaste note maak klaar en die trein vertrek en die kinders verdaag met die lokomotief. Miskien nou is daar ‘n ruskansie vir ‘n moeë musikant? Ja, die rugby gaan begin. Die tafel word ingedra. Die braai word aangesteek, die reën begin val. Omtrent alles in daardie volgorde. Nee wag, die rugby het na die reën eers begin. WP het gewen, bla bla bla, wie gee om as die Lions nie speel nie. Kerrie kap. Ek verkies biltong en braaivleis, so hou die kerrie. En die koppie. Ek val neer op die bank. Sien hoe hardloop die manne heen en weer. Sien hoe min gee ek om? Ek ontspan. Len braai vleis, Borrie pak tasse vir Swede. Loyd lê op die bank. Hy is ‘n Shark. Die ref is so onregverdig. Kyk hoe gee ek om. Hierdie is my omgeegesig.
Ek dink so bietjie in die agterkant van my kop aan Peter Pearlson se birthday partytjie vanaand by die zoo lake bowling club. Weet nie of ek die energie gaan hê om te gaan nie, maar ek wil graag my vriend Jim Neversink gaan groet. Hy is hier uit Denemarke vir ‘n paar dae. Ek sal moet ja. Maar gee my krag. Môre moet ons Mieliepop toe ry. Dis in Ermelo. Waar is Ermelo. Laat my dink aan Johannes Vogel wat altyd gesê het: “Die lekkerste ding van Ermelo is dat jy enige plek kan gaan vir vakansie, want dit sal beter wees as Ermelo.” Haha, hy’s funny, eks moeg. Ek gaan nou rus. Gesels later. Tarra for now.
(As jy nog nie Wasgoedlyn volume 1 se liekies in jou besit het nie, gaan kry dit hierso:
https://www.tunelink.co.za
en lees seblief die bygaande verwelkomings briefie)
Recent Comments